Die elemente van ‘n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ‘n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ‘n chemiese reaksie?
Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ‘n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ‘n wereld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ‘n rooi Mazda Midge. Gerugte van ‘n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en … wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle?
En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef.
Reviews
There are no reviews yet.